Op die plaas Klipfontein, waar ons Gaste Plaas geleë is, kom 'n natuurlike fontein voor. Die water vloei in 'n klein stroompie deur die klippe oor die plaas waar 'n groot verskeidenheid boom spesies se wortels diep in die krake deurdring. Hiervandaan die naam 'Motswedi' en die inspirasie vir ons logo. Die Gaste Plaas is in 2022 geopen.
Hier by Motswedi streef ons om skoon en netjiese kamers te bied en 'n professionele diens te lewer waar 'n aangename ervaring die mikpunt is.
Kamers is toegerus met 'n koningin-grootte bed. Asook 'n yskas, ketel, mikrogolf-oond en basiese breekware. Elke kamer het sy eie badkamer met 'n stort en bad. Die kamers loop uit op 'n stoep en voetpadjies wat lei na die parkeer area, funksie perseel en braai areas.
Enkel kamers is toegerus met twee enkel beddens. Ook toegerus met 'n yskas, ketel, mikrogolf-oond en basiese breekware. Elke kamer het sy eie badkamer met 'n stort en bad. Die kamers loop uit op 'n stoep en voetpadjies wat lei na die parkeer area, funksie perseel en braai areas.
Familie kamers is toegerus met een koningin-grootte bed en twee enkel beddens. Ook toegerus met 'n yskas, ketel, mikrogolf-oond en basiese breekware. Tafel met 4 stoele. Elke kamer het sy eie badkamer met 'n stort en bad. Die kamers loop uit op 'n stoep en voetpadjies wat lei na die parkeer area, funksie perseel en braai areas.
Die Funksie perseel is beskikbaar om te bespreek vir enige funksie of konferensie. Die perseel kan tot en met 80 mense akkomodeer. Decor en spyseniering kan self gedoen word. Die braai area is gerieflik met verskeie klein lapas met elk sy eie braaiplek. Naby die swembad geleë. Bring eie braaitoerusting. Hout te koop by ontvangs.